Bronzino

Bronzino
Portret van Bronzino deur Alessandro Allori (detail)
Gebore
Agnolo di Cosimo

17 November 1503
Florence, Republiek van Florence
Sterf23 November 1572 (op 69)
Florence, Hertogdom van Florence
NasionaliteitItaliaans

Agnolo di Cosimo (Italiaans: [ˈaɲɲolo di ˈkɔːzimo]; 17 November 1503 – 23 November 1572), algemeen bekend as Bronzino (Italiaans: Il Bronzino, Italiaanse fonetiese uitspraak: bronˈdziːno) of Agnolo Bronzino,[lower-alpha 1] was 'n Florentynse skilder van die maniëristiese skool. Sy bynaam, Bronzino, verwys waarskynlik na sy relatiewe donker huid[1] of rooierige hare.[2]

Hy het sy hele lewe in Florence gewoon en is vanaf sy laat dertigerjare betrek as die hofskilder van Cosimo I de' Medici. Hy was hoofsaaklik 'n portretkundige, maar het ook baie godsdienstige onderwerpe en 'n aantal allegoriese onderwerpe geskilder. Sy bekendste werk is waarskynlik sy allegoriese skildery getiteld Venus, Cupido, Folly and Time wat uit 1544 tot 1545 dateer en tans in Londen tentoongestel word. Daar bestaan verskeie portrette van die Medici's wat in wisselende met die samewerking van Bronzino self geskilder is, aangesien Cosimo 'n pionier was van die gekopieerde portret wat as diplomatieke geskenk gestuur is.

Hy het het sy opleiding onder Pontormo ontvang, wat een van die die voorste Florentynse skilders van die eerste generasie maniëriste was. Sy styl is sterk beïnvloed deur Pontormo, maar sy elegante en ietwat langwerpige figure lyk altyd kalm en ietwat terughoudend, sonder die beroering en emosie van dié wat deur sy leermeester geskilder is. Hulle word dikwels afstandelik en gekunsteld gevind, en sy reputasie het gely onder die algemene onguns van kritici wat in die 19de en vroeë 20ste eeu aan die maniërisme verbonde was. Die afgelope dekades het waardeering van sy kuns egter toegeneem.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "lower-alpha", but no corresponding <references group="lower-alpha"/> tag was found

  1. Chilvers, Ian (2017). The Oxford Dictionary of Art and Artists. Oxford University Press. p. 306.
  2. Haggerty, George; Zimmerman, Bonnie, reds. (2003). Encyclopedia of Lesbian and Gay Histories and Cultures. Garland. p. 225.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search